Strand Seekos-Restaurant

“Die enigste manier om seekos werklik te geniet, is in oorvloed, sand onder die voete, ‘n glas goeie Kaapse wyn in die hand en tussen goeie vriende.”

Dit is waarin De Vette Mossel Strand Seekos restaurant onwrikbaar glo. Ons het die eerste De Vette Mossel in 2004 langs 'n afgesonderde strand by Grootbrakrivier, naby Mosselbaai, oopgemaak.

Sedert Oktober 2012 kan jy ook jou skoene uitskop by ons 2de De Vette Mossel Seekosrestaurant by Hartebeespoortdam, in 2013 ‘n derde by Parys in die Vrystaat, en nou ook op ons stukkie seeparadys in die Laeveld, De Vette Mossel @ Nelspruit.

Eet soveel jy wil – of kan! De Vette Mossel bied veel meer as bloot perfek-voorbereide seekos - hierdie is ‘n ervaring - in ongewone en informele omstandighede - met tradisionele Kaapse visser kultuur - in ware Weskusstyl.

Kom skop jou skoene uit op ons eie seestrand in die hartjie van die Laeveld, en lê weg aan seekos vir ‘n nasie!

Verskeie Mossels

Ons het vier De Vette Mossel Restuarante in Suid-Arika
Kliek op die verskeie links aan die regterkant om elkeen van ons resturante se webtuiste tebesoek en n bespreking temaak.