Ons Uitgangspunt

Ons by De Vette Mossel poog om veel meer te bied as bloot ‘n ete – dit is ‘n ervaring, in ongewone en informele omstandighede, waar jy saam met vriende (oues en nuutgevondes) gesellig saam verkeer, waar niemand jou aanjaag nie en waar jy soveel seekos eet as waarvoor jy lus is – net soos ons langs die Weskus maak…

Die uitstekende voorbereiding van goeie gehalte seekos, in oorvloed, en waarde vir geld, is ons trots.

Die disse word die een na die ander voorgesit. Ons streef daarna om seekos perfek gaar te maak, en dit onmiddellik daarna voor te sit. Dit waarborg vars-vars voorbereide disse – ‘n absolute moet vir voortreflike seekos.

SKINK ‘N WYNTJIE
Met aankoms gee ons ‘n gratis glas goeie Kaapse wyn. Pak gerus vir jou ‘n koelhouer (onthou ook glase en veral ys) om van jou eie drankies te kan skink terwyl jy na die goue vuurbol van die sakkende son tuur. Ons vra geen kurkfooie nie en dit maak jou ete besonder bekostigbaar.
Werk maar self uit.

MENU


Die disse word een na die ander voorgesit. Wees rustig, ontspan – ons eet amper drie uur lank. En onthou, niks raak ooit op nie – die ergste wat kan gebeur is dat nog op pad is!


Maar asseblief, moet nie handgesnyde kristal glase of silwer eetware verwag nie! Ons is op die strand en maak soos ons maak op 'n kamp-ekskursie na die Weskus. As dit nie in jou smaak val nie, of jy reken die lewe skuld jou meer, gaan jy waarskynlik meer tuis voel in 'n duur Franse Restaurant.

Alle kos wat oorbly (en daar is gewoonlik baie) word aan erg behoeftige gesinne in die omgewing uitgedeel. Hier mors ons niks.

Verskeie Mossels

Ons het vier De Vette Mossel Restuarante in Suid-Arika
Kliek op die verskeie links aan die regterkant om elkeen van ons resturante se webtuiste tebesoek en n bespreking temaak.