Bymekaar Kom Lui-Lekker Kuier

Ons Strand Seekos Restaurant is die perfekte Trou Venue, waar liefde, romanse, pret en drome saam kom om 'n pragtige realiteit te word. By De Vette Mossel waarborg ons vir jou 'n unieke see/strand omgewing teen onverbeterlike tariewe. Kom hou kaalvoet troue op ons strand waar 'n onvergeetlike seekos buffet bedien word.

Hoekom De Vette Mossel:

  • Waarskynlik die heel beste opelug trou venue in die omgewing;
  • Waarom tevrede wees met die vervelige en gewone? Maak seker dat JOU troue waarlik onvergeetlik is!;
  • Voortreflike menu @ onverbeterlike pryse;
  • Onverbeterlike foto-geleenthede;
  • Trou op jou eie seestrand - al is dit in die Laeveld!

FUNKSIES
De Vette Mossel leen hom uitstekend tot werksfunkies, jaareindfunksies, verjaarsdagvieringe en ander waar kollegas en vriende in ‘n ontspanne en informele atmosfeer gesellig saam kan verkeer. Ons kan met gemak groot-groot groepe akkommodeer. Ons sit tans tot 150 gaste.

WEER

Hoewel De Vette Mossel @ Nelspruit gedeeltelik ‘n opelug restaurant is, is alle sitplekke onder afdak. Verder, dit kan binne minute toegemaak word sodat dit ten volle operasioneel is selfs in die geval van reën en sterk wind

Buitendien, moenie oor die weer kla nie – hierdie is Afrika. En ons het reën nodig om te kan oorleef!

Verskeie Mossels

Ons het vier De Vette Mossel Restuarante in Suid-Arika
Kliek op die verskeie links aan die regterkant om elkeen van ons resturante se webtuiste tebesoek en n bespreking temaak.