Wies Ons

Vroeg in Desember 2004, het  Niël du Bois met sy vrou, Laurika, en ‘n aantal werkers/vriende met Brolloks, sy Chev-lorretjie van 1950, hooggelaai met planke, toue en nette op Mosselbaai opgedaag – om na dekades as joernalis en media-adviseur, sy vrye gees uit te leef en ‘n seekos-eetplek êrens op ‘n strand oop te maak.

Met die Genade van Bo (en te danke aan ‘n munisipale amptenaar of twee wat die visie van ‘n seekos-eetplek op die strand gedeel het) is die eerste De Vette Mossel staangemaak, die deure spreekwoordelik oopgegooi en ....die eerste gaste het opgedaag...en opgedaag...en opgedaag...

Te danke aan volgehoue en gewaardeerde ondersteuning van nuutgevonde Mossel-vriende, het De Vette Mossel gegroei en gegroei.

By De Vette Mossel @ Nelspruit sal jou gashere, David and Lizel Rieger, jou tone laat omkrul van plesier! David bly al in die Laeveld vir 26 jaar, en sy vrou vir 40 jaar.  Saam het hulle besluit om hulleself te waag in die hospitaliteits industrie.

Die braaiers, skoonmakers en kombuispersoneel is ‘n storie op sy eie. Net werklose mense is aangestel, opgelei en vandag is hulle onlosmaakbaar deel van De Vette Mossel-familie. Sonder hulle is De Vette Mossel nie moontlik nie – daarom dat hulle ook in die winste/vrugte van sukses deel.

Niël self kom kuier gereeld om ook 100% seker te maak dat De Vette Mossel@Nelspruit identies aan De Vette Mossel@Grootbrak, Mosselbaai, wat konsep, menu en kwaliteit betref is.

Verskeie Mossels

Ons het vier De Vette Mossel Restuarante in Suid-Arika
Kliek op die verskeie links aan die regterkant om elkeen van ons resturante se webtuiste tebesoek en n bespreking temaak.